Karen Kingsbury
Description
Die vyftien-jaar-oue Hannah Roberts onthou ’n tyd toe haar pa haar beste vriend
was, ’n liefdevolle persoon met ’n sagte gesig en vrolike lag. Maar d
...
aardie herinnering
is vaag, iewers vanuit haar vroeë kinderjare. Deesdae woon sy by haar skatryk,
sieklike ouma net buite Cleveland, Ohio, en is haar lewe eensaam – in
teenstelling met die herinneringe uit haar verlede.
Dit is drie maande voor Kersfees toe Hannah met ’n skokkende waarheid gekonfronteer
word. Die afsydige man wat sy al die jare as haar pa geken het, is nie
regtig haar pa nie! Haar biologiese pa is Mike Connor, ’n helikoptervlieënier in die
weermag.
Plaaslike politici en die plaaslike koerant kom te hore van Hannah se soektog,
en uiteindelik weet die hele staat van die wonderwerk waarop Hannah hoop: dat
sy haar pa voor Kersfees sal opspoor. Maar Mike Connor bevind hom in ’n lewensgevaarlike
situasie in Irak. Selfs met die hoop wat Hannah put uit ’n ou paar rooi
handskoene, sal dit steeds ’n onvergeetlike wonderwerk verg om haar en haar pa
weer bymekaar te bring.
Read more