Karen Kingsbury
Description
Twee van Karen Kingsbury se gewildste boeke, Soos saad op die wind en Dié kant
van die hemel is nou in ’n lekker-lees omnibus beskibaar wat uitsteken
...
de waarde
vir geld bied.
Soos saad op die wind
Jack en Molly Campbell is die trotse aanneem-ouers van ’n vierjarige seun, Joey.
Hulle gesin is die toonbeeld van geluk. Hierdie idilliese prentjie spat egter aan
skerwe toe hulle hoor dat Joey se biologiese pa, wat tydens sy geboorte in die
tronk was, nooit toestemming gegee het vir die aanneming nie. ’n Regter beslis
dat Joey moet teruggaan na sy biologiese ouers toe. Die Campbells is verpletter,
en probeer alles binne hul vermoë om hom te behou.
Soos saad op die wind is ’n emosionele verhaal oor ouerliefde wat vertel word soos net Karen Kingsbury kan. Die boek is ook verlede jaar as ’n rolprent, Like Dandelion Dust, uitgereik.
Dié kant van die hemel
Annie Warren wou nog altyd net die beste gehad het vir haar seun Josh. Mislukkings
en verkeerde keuses aan Josh se kant het egter verwydering tussen ma en
seun veroorsaak. Sedert Josh raakgery is deur ’n dronkbestuurder, is hy medies
ongeskik en nou wag hy sy lewe om vir die geld wat die versekeringsmaatskappy
aan hom moet uitbetaal. Om dinge te vererger beweer ’n vrou dat Josh die pa van
haar sewejarige dogter is. In die soektog na die waarheid ontdek Annie ’n skat wat
meer waardevol is as wat sy ooit sou kon droom.
Read more